Welkom by Wapadrand Voortrekkers!

Wie is ons?

Wapadrand Voortrekkers is 'n kommando geleƫ in die Ooste van Pretoria. Ons jeuglede kom hoofsaaklik uit Laerskool Constantiapark en Hoƫrskool Waterkloof en Garsfontein, maar daar is ook kinders uit verskeie ander skole in die omgewing in ons kommando.

Wat doen ons?

Op hierdie webblad is meer inligting oor al ons aktiwiteite. Oorhoofs is ons besig om Die Voortrekkers se visie, naamlik om die voorkeur aktiwiteit buite skoolverband vir ABC jongmense te wees, na te streef. Met 'ABC' in hierdie konteks verwys ons na Die Voortrekkers se strewe om moderne Afrikaners, positiewe Burgers and konsekwente Christene voor te berei en op te rig vir hulle lewens as volwassenes.

This free website was made using Yola.

No HTML skills required. Build your website in minutes.

Go to www.yola.com and sign up today!

Make a free website with Yola